Welkom by ons tuisblad!

Die Hugenotestigting van Suid-Afrika is 'n oorkoepelende vrywillige liggaam wat drie afsonderlike organisasies operasioneel saamsnoer, naamlik

Die lede van die  Hugenotevereniging van Suid-Afrikabeywer hulle vir die bewaring en bevordering van die Hugenote-erfenis in Suid-Afrika, en onderneem navorsing oor die geskiedenis en genealogie van Hugenotefamilies in Suid-Afrika.
.
Die Hugenote Gedenkmuseum word beheer deur 'n Raad van Trustees wat deur die Regering van die Weskaap Provinsie aangestel is, en wat sorg vir die doeltreffende funksionering van die museumkompleks. Die Museum is al hoe meer afhanklik van eie inkomste.
.
Die Hugenotemonument in Franschhoek word beheer deur 'n Beheerraad wat omsien na die instandhouding van die monument en die omringende tuine. Die lede van die Beheerraad word aangestel deur die Hugenotestigting van SA
..
'n Afsonderlike liggaam sonder winsbejag, die Hugenotetrust van Suid-Afrika, is die wettige eienaar van die geboue waarin die Hugenote Gedenkmuseum in Franschhoek, Wes-Kaap, gehuisves is; die inhoud van die museum, sowel as die gronde waarop die Hugenotemonument opgerig is. Dit dien ook as 'n fondswerwingsliggaam vir die Stigting en behartig sy beleggings.

Jaarvergadering van die Hugenote-Verenging 2005: kort fotoverslag: klik hier

3de Internasionale Hugenotekonferensie: Die Hugenotestigting van Suid-Afrika was die medeborg van die 3de Internasionale Hugenotekonferensie, met die tema: "Die Hugenote: oorsprong, vestiging en invloed: die verhaal van 'n vlugtelingvolk", wat in Suid-Afrika gehou was van 25 - 27 September, 2002. Klik hier vir 'n fotoverslag van die konferensie.


Hugenotestigting van Suid-Afrika
 Posbus 293 
 Franschhoek 7690 
Suid-Afrika 
Tel: (021) 876-2598 
Fax: (021) 876-3649 
E-pos: hugenoot@museum.co.za

This site is a member of WebRing. To browse visit here.

</body> </noframes> <center><script type="text/javascript"> var sc_project=4715727; var sc_invisible=1; var sc_partition=56; var sc_click_stat=1; var sc_security="81275d17"; </script> <script type="text/javascript" src="http://www.statcounter.com/counter/counter.js"></script><center>Hosting by <a href="http://webspace.webring.com/h/ppl" target=_top>WebRing</a>.</center> </html>