This site is now officially dead.
Visit my new home page at http://www.geocities.com/lacialacia/.
Please update your bookmarks.

Leuce's website! A wide variety of topics such as working holidays, internet terminology, web design, life in the "new" South Africa, etc. Come and see what Afrikaans looks like! This subpage deals with my family, their doings, their feats, their whats and have-yous, and what else too.

...  so lyk my familie ...
blerts van die baaierd, wespark

home: Wellesley 5897
ordinateur@websurfer.co.za

Leuce se webwerf... nie sommer enige ou webwerf nie! My naam is Samuel Murray, ek's 25 jaar oud (dis hel oud), praat gewoonlik Afferkaans, en hierdie is my honderdste webwerf (wel byna). Hierdie subbladsy handel oor my familie, hul wel, hul wee, hul lewe, hul handel en hul sterwe.

Ons familie en gesin is nie naastenby so groot soos sommige van my vriende s'n nie, en nie almal van hulle lewe meer nie, maar die wat ek nog het, en die van nog lewe, die vertel ek hier oor. Van hulle't'k vir jarre nie gesien nie, so kom'k hoop ek onthou reg.

en hier gaan ons, of  wat ook al

My naam is Samuel Murray. My pa se naam is Samuel Murray. My ma se naam is Eulogia Cornelia (Smuts) Murray. My broer se naam is Michael Johannes Murray. My ander broer se naam is John Murray. My suster se naam is Margaretha Murray (maar tans noem hulle haar Milan, op TV). My oupa se naam is...

nee... kom ons perbeer 'n minder vervelige manier.

Al my ooms en tannie, nie veel van hulle nie...

Al myse neefs en niggies en kleinnefies en kleinniggies:

Kom ek besluit gou of ek my agterkleinnefies en agterkleinniggies sal lys... heads I win, tails you lose. Hmm, kom ek gaan vra gou my pa of hy kan onthou... Nee, lyk nie so nie.

My ancestory en oeroorspronge is as volg:

My oupa het sy hele familielyn in Suid-Afrika nagevors. Daar is drie groepe Murrays in Suid-Afrika, nl. John (in 1797 hier aangekom), Samuel (1814), en Andrew (1820). Ons stam van John Murray af.

Hy't hier aangekom uit Aberdeen in Skotland kort na die eerste Britse besetting. Hy was 'n walvisjagter, en het 'n fabriek op Robbeneiland gehad (vandaar Murraybaai aan die eiland). Hy't Knysna besit voor hy dit aan George Rex verkoop het (Mnr Rex het die dorp aangelę). Die man was fabelagtig ryk, en het verskeie skepe gehad wat handel tussen die Kaapkolonie, Brasilië en Engeland gedryf het.

Ons is lank nie meer so skatryk nie... dalk is daar nou te veel van ons.

Toe ek in Skotland was het ek probeer uitvind hoe die familie daar verder die verlede in loop, maar alle rekords het vergaan. Die eerste Skotse sensus was in 1852 eers. En "John Murray" is en was 'n baie algemene naam in Skotland. So ek neem dus maar verlief dat ek 'n Suid-Afferkaander is.


geocities

htmlskrywersgilde
ingeskrewe lid

byna 1 000 afrikaanse skakels

(c) Samuel Murray, 1998
ordinateur@websurfer.co.za

http://webspace.webring.com/people/au/um_2292/le02.html

werf geskep: 1998-10-20 (vorige werf 1998-06-28)
werf hersien: 1998-10-20
werf bygewerk: 1999-11-22

lettertipes gebruik: helvetica, brandley hand, en enya

fxweb.com/trackermy old counter, still going strong beste gasteboeke teken my gasteboek
lees gasteboek

Hosting by WebRing.